Kom Ons Leer Brei
Met hierdie titel en sy vriendelike dierefigure - Ben die wolf en Tes en Tys, twee vrolike muise - kan kinders gou-gou leer brei. Hulle het net n bol wol en n paar breipenne nodig (en miskien n grootmens om te help as hulle sukkel). En een twee drie het hulle self iets gemaak. Gemik op kinders tussen 6 en 9 jaar. Maklike aanwysings om te volg. Prettige illustrasies. Fantastiese items, almal met kaarte en ontwerpe. Alles wat jy nodig het om in n japtrap te begin brei!